Woordveld’n Ink en Idees-speletjieAn Ink en Idees game
Kontak myContact me
Afrikaans, speel-speelAfrikaans through play

Woordveld: Die Woordeboom

’n Afrikaanse avontuurspeletjie waarin kinders saam met Jannie en sy hondjie Tiekie hardloop, spring en lees. Elke regte antwoord gee die Woordeboom ’n nuwe blaar.An Afrikaans adventure game in which children run, jump and read with Jannie and his little dog Tiekie. Every right answer gives the Word Tree a new leaf.

Hulp onder die Afrikaans is beskikbaar in English, isiZulu, Sesotho, Setswana en Sepedi.Help lines under the Afrikaans are available in English, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepedi.

Die kaart van Woordveld: ’n pad van 31 vlakke rondom die Woordeboom
31vlakke, Vlak 0 tot 30levels, Level 0 to 30
44kort taallesse met oefeningshort language lessons with practice
3 162blare vir die Woordeboomleaves for the Word Tree
Gr. 4–9Gr 4–9leestoetse met memo’sreading tests with memos
5hulptale onder die Afrikaanshelp languages under the Afrikaans
Die storieThe story

Die Vergeetmis het die woorde weggewaaiThe Forgetting Mist blew the words away

Diep in Woordveld staan die Woordeboom. Elke Afrikaanse woord hang soos ’n blaar aan sy takke. Toe kom die Vergeetmis, en Kaptein Vergeet se houtkappertjies begin die takke afkap. Die woorde waai weg, tot in ou raaiselklippe.Deep in Woordveld stands the Word Tree. Every Afrikaans word hangs from its branches like a leaf. Then came the Forgetting Mist, and Captain Forget’s little lumberjacks started chopping off the branches. The words blew away, deep into old riddle stones.

Frikkie die woordsmous vra vir Jannie om te help. En Ouma vertel die storie aan die kind wat speel.Frikkie the word peddler asks Jannie to help. And Granny tells the story to the child who plays.

Jannie en Tiekie in ’n vlak, met woordvonke en ’n raaiselklip
JannieNuuskierig, met ’n vergrootglas en ’n beskuit vir TiekieCurious, with a magnifying glass and a rusk for Tiekie
TiekieBlaf as daar ’n woordvonk of raaiselklip naby isBarks when a word spark or riddle stone is near
OumaGrannyVertel die storie en hou die Skryfkis en StoriehoekieTells the story and keeps the Writing Chest and Reading Corner
FrikkieDie woordsmous wat elke nuwe taalreël wysThe word peddler who shows every new language rule
HoutkappertjiesLittle lumberjacksLastig, nie gevaarlik nie: spring op hulle koppeAnnoying, not dangerous: jump on their heads
Kaptein VergeetCaptain ForgetWag heel bo in die Woordeboom se kroonWaits at the very top, in the Word Tree’s crown
Hoe dit werkHow it works

Van die eerste woorde tot eksamenwerkFrom first words to exam work

Die vlakke volg kennis, nie grade nie. Vlak 0 begin by groet en dankie sê; Vlak 30 eindig by opstelle, leesbegrip en die Groot Eksamen.The levels follow knowledge, not grades. Level 0 starts with greeting and saying thank you; Level 30 ends with essays, reading comprehension and the Big Exam.

BeginpeilingBaseline test

’n Kort toets van Vlak 0 tot 20 wys waar die kind staan. Dit stop vanself wanneer dit te moeilik raak.A short test from Level 0 to 20 shows where the child stands. It stops by itself when it gets too hard.

Leer die reëlLearn the rule

Frikkie wys elke nuwe taalreël met voorbeelde, voordat die kind dit oefen.Frikkie shows every new language rule with examples before the child practises it.

Speel en oefenPlay and practise

Raaiselklippe, woordkaarte, die Woordhek en ’n Meesterproef aan die einde van elke vlak.Riddle stones, word cards, the Word Gate and a Master Test at the end of every level.

Sien die groeiSee the growth

Die boom word groen, kentekens kom by, en die ouers-blad wys presies wat die kind al kan.The tree turns green, badges are added, and the parents’ page shows exactly what the child can already do.

Nuut: huistaalNew: home language

Afrikaans, met hulp in die kind se huistaalAfrikaans, with help in the child’s home language

Onder elke Afrikaanse sin staan ’n hulplyn. Die kind kies self in watter taal: English, isiZulu, Sesotho, Setswana of Sepedi. Die kieslys, die oefenrondte, die toer deur die kaart en baie van die vraag-instruksies verskyn dan in daardie taal. Die Afrikaans bly altyd bo.Under every Afrikaans sentence there is a help line. The child chooses the language: English, isiZulu, Sesotho, Setswana or Sepedi. The menu, the practice round, the map tour and many of the question instructions then appear in that language. The Afrikaans always stays on top.

Die toer deur die app met hulplyne in isiZulu

Probeer dit: tik op ’n taal. Hierdie reëls kom net so uit die spel.Try it: tap a language. These lines come straight from the game.

In die spelInside the game

Wat die kind speel en leesWhat the child plays and reads

Vir wie?Who is it for?

Vir die huis en vir die klasFor home and for the classroom

Vir ouersFor parents

  • Weet ná die beginpeiling waar jou kind staan.Know where your child stands after the baseline test.
  • Kort lesse verduidelik die reël; die spel laat dit oefen.Short lessons explain the rule; the game lets them practise it.
  • Woorde, vrae en stories word hardop gelees.Words, questions and stories are read aloud.
  • Hulp in jou kind se huistaal, of in Engels.Help in your child’s home language, or in English.
  • Makliker leesletters vir kinders met disleksie of ADHD.Easier reading fonts for children with dyslexia or ADHD.

Vir onderwysers en skoleFor teachers and schools

  • Leestoetse vir Graad 4 tot 9 met memo’s en denkvlakke (L, M, H).Reading tests for Grade 4 to 9 with memos and thinking levels (L, M, H).
  • ’n Beginpeiling en ’n vorderingsverslag wat jy kan aflaai.A baseline test and a progress report you can download.
  • 44 taallesse in Frikkie se Lesboek, gekoppel aan die vlakke.44 language lessons in Frikkie’s Lesson Book, linked to the levels.
  • Jy kan jou eie stem opneem vir die stories, lesse en vrae.You can record your own voice for the stories, lessons and questions.
  • Vra my oor ’n lisensie vir jou klas of skool.Ask me about a licence for your class or school.
Probeer ditTry it

Speel Vlak 0 en Vlak 1 hierPlay Level 0 and Level 1 here

Die demo begin by Ouma se storie en die oefenrondte in haar agterplaas, en dan speel jy die eerste twee vlakke. Vordering bly op jou toestel.The demo starts with Granny’s story and the practice round in her backyard, and then you play the first two levels. Progress stays on your device.

Die spel self is in Afrikaans, met ’n hulplyn in die taal wat jy kies.The game itself is in Afrikaans, with a help line in the language you choose.

Rekenaar: pyltjies of A en D om te stap, Spasie om te spring, E om ’n raaiselklip oop te maak. Foon of tablet: draai dit dwars en gebruik die knoppies op die skerm.Computer: arrows or A and D to walk, Space to jump, E to open a riddle stone. Phone or tablet: turn it sideways and use the buttons on the screen.

VraeQuestions

Wat ouers en skole vraWhat parents and schools ask

Vir watter ouderdom is Woordveld?What age is Woordveld for?

Die pad begin by die heel eerste woorde (Vlak 0) en klim tot by opstelle, leesbegrip en eksamenwerk (Vlak 30). Die beginpeiling kies die regte beginvlak, so dit werk vir jong beginners en ouer leerders.The road starts with the very first words (Level 0) and climbs to essays, reading comprehension and exam work (Level 30). The baseline test picks the right starting level, so it works for young beginners and older learners.

Is dit vir Huistaal of Eerste Addisionele Taal?Is it for Home Language or First Additional Language?

Albei. Die hulplyne onder die Afrikaans help leerders wat Afrikaans as tweede of derde taal leer, en die leestoetse is daar vir albei.Both. The help lines under the Afrikaans support learners who learn Afrikaans as a second or third language, and the reading tests cover both.

Watter huistale word ondersteun?Which home languages are supported?

English, isiZulu, Sesotho, Setswana en Sepedi. Die kind kies die taal by die begin of later by Instellings. Wat nog nie vertaal is nie, wys in Engels.English, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepedi. The child chooses at the start or later in Settings. Anything not yet translated shows in English.

Werk dit op ’n foon of tablet?Does it work on a phone or tablet?

Ja. Woordveld speel op ’n rekenaar, tablet of foon, met aanraakknoppies as daar nie ’n sleutelbord is nie. Daar is ook ’n Android-weergawe.Yes. Woordveld plays on a computer, tablet or phone, with touch buttons when there is no keyboard. There is also an Android version.

Het ons internet nodig?Do we need internet?

Die rekenaarweergawe en die Android-weergawe werk sonder internet. Vordering word op die toestel self gestoor.The computer and Android versions work without internet. Progress is saved on the device itself.

Wat is die verskil tussen die demo en die volle weergawe?What is the difference between the demo and the full version?

Die demo op hierdie blad het Vlak 0 en Vlak 1. Die volle, betaalde weergawe het al 31 vlakke, die 44 taallesse, Ouma se Storiehoekie met leestoetse, Ouma se Skryfkis, Woord van die Week, die beginpeiling en alle opdaterings.The demo on this page has Level 0 and Level 1. The full, paid version has all 31 levels, the 44 language lessons, Granny’s Reading Corner with reading tests, Granny’s Writing Chest, Word of the Week, the baseline test and all updates.

KontakContact

Praat met Ink en IdeesTalk to Ink en Idees

Wil jy Woordveld vir jou kind, klas of skool hê, of het jy ’n vraag? Stuur vir my ’n boodskap. Ek antwoord so gou as moontlik.Would you like Woordveld for your child, class or school, or do you have a question? Send me a message and I’ll reply as soon as I can.